My rok is nie gekoop in 'n boetiek of bestel deur die internet of gehuur by 'n maatskappy waar daar vele meer van dieselfde rok is nie. Ek het lank terug 'n patroon gesien waarop ek heeltemal verlief was, ek het toe volgens dit gewerk, maar met die tyd saam het ek heeltemal die patroon verander en dit my eie gemaak. Ek is so bevooreg om te kan sê my ma het my rok gemaak! Ek en my ma het in Middestad Fabrics ingestap en net daar op een van die rakke was my lap gewees, ek het dadelik geweet dis net dit en niks anders nie! Ek het nie van die begin af besef watse moeilike kleur my bo-stuk lap was nie totdat ek die onderkant se lap moes kry en al my bykomstighede daarby. Ek weet nogsteeds nie heeltemal watse kleur my top is nie want dis so maroen, pers, blou kleur, maar net so uniek en mooi! My rok is nie prinses-styl of te "over the top" nie, dis net so sag en vloeiend en heeltemal ek! My rok was en is nogsteeds vir my perfek, en ek sal altyd verlief op my unieke rok wees!

Sien alle inskrywings