My pa is baie uitstedig vir werksverpligtinge en het my agtiende, aanneming en matriekafskeid gemis. Ek en my pa deel 'n liefde vir die sterre en die maan. Hy herinner hy my altyd, dit maak nie saak waar hy in die wereld is, ons altyd opkyk na die dieselfde maan, sterre en hemelruim. Ek moes in gedagte gehou hy mag dalk ook my matriekafskeid mis. So het ek my inspirasie en idees gekry hoe my rok my tog sal laat voel, hy is by my. Ek het na materiale gesoek wat sou skitter soos die sterre, ‘n glans gee van die maanskyn en die kleur wat my die gevoel van warmte, liefde en samesyn gee. Al was my pa duisende kilometers weg, was dit asof hy elke oomblik by my was in elke glinster en weerkaatsing van my rok. My ma, my steunpilaar weerspieel in die kleur met haar liefde en kalmte. Ek wou vroulik en elegante voel en terselfdetyd my bates beklemtoon. Die silwergrys rose gedrapeer op my rok is ‘n weerspieeling van my liefde vir die natuur en samesyn van my liefde en respek vir my ouers. Ek sal niks verander nie, my rok was perfek.

Sien alle inskrywings