Ek het aan die begin van die jaar alreeds die ontwerp in gedagte gehad en dit geteken. Nerens waar ek gaan soek het vir patrone het ek gekry waarvan ek gehou het nie. Om my rok te teken was die beste manier waarop ek die prentjie in my gedagtes kon neerle. Reeds by my eerste afspraak met Roedolf, het ons net oor alles saam gestem. Die ontwerp van die rok, die kleur en die feiner detail soos hare, juwele, skoene ens. Die hele matriekafskeid was n spanninglose ervaring - van die begin tot die einde. Ons het begroot vir R2000.00-R3000.00 en my rok was rerig waarde vir geld. Ek het nie net fantasties gevoel die aand nie, maar my rok was ook veerlig en baie gemaklik. Ek kon nie vir n beter ontwerper as Roedolf De Couture gevra het nie. Dit was 'n aand wat ek nooit in my lewe sal vergeet nie en my rok sal altyd deel van my bly.

Sien alle inskrywings