Soos enige meisie het ek gesoek vir die perfekte rok. Ekt deur internet gegaan en vir prentjies gesoek en almal was mooi maar ook almal dieselfde en ek wou iets gehad het wat heeltemal uniek was en wat by my pas. Toe ek die rok sien en hom aan pas het ek geweet dis die rok wat bedoel is vir my want ek het werklik soos n prinses gevoel en wat meer wou n meisie he? Ek het dadelik geweet sonder twyfel dat dit nie meer nodig is om te soek vir n rok nie want n rok soos die sal ek nie sommer weer kry nie!

Sien alle inskrywings