SARIE se modespan het lekkerlik van ons stoel afgeval toe ons dié skoen op die loopplank gewaar tydens die Londense Modeweek. Ons hart is aan skerwe, dit kan net nie wees nie!

via GIPHY

Ja, mense "love it or hate it", en nou het die Crocs-skoen sy loopplank-debuut gemaak by die Londense Modeweek. Die Britse ontwerper Christopher Kane het almal in skok. In sy hele reeks was daar geen hak in sig nie. Net gemaklike plat skoene. Maar Crocs? Regtig?

Oor die ander skoen in sy reeks is ons gaande. Ons wil dit baie graag hê, veral omdat ons so mal is oor die gemak van ’n plat enkelstewel.

Hoewel Crocs nou hul buiging op die loopplank gemaak het, is dit ’n soort skoen wat gewone mense nie sommer stylvol kan dra nie. Ons beveel dus aan dat dit liefs oorgelaat word aan die dapper trendsetters.

Wat dink jý van die plastiekskoen op die loopplank? Is jy net so in skok soos ons?

As gemak jou ding is, beveel ons liewers dié skoene aan vir ’n stylvolle voorkoms: