Dit klink soos iets wat eerder in ’n riller hoort: 'n Amerikaanse vrou dagvaar ’n bekende internasionale kleremaatskappy omdat sy na bewering die poot van 'n dooie knaagdier in haar roksoom gekry het.

Cailey Fiesel beweer sy het op die knaagdier se vrot karkas afgekom nadat sy ’n vreeslike stank gewaar het. Aanvanklik het die 24-jarige gedink dit is 'n los garedraad wat teen haar been borsel, maar by nadere ondersoek voel sy toe 'n ongewone bult en sien dis ’n muispoot wat teen haar vel skraap. Sy het later 'n kwaai uitslag ontwikkel as gevolg van ta se poot.

Lees volle berigte hier:

Refinery 29

The Huffington Post

Kyk die video hier:

Wat sou jy in so ’n situasie gemaak het?

Bronne: Refinery 29, The Huffington Post

Mode-intern: Lezaan Nel