Soms kyk ons na ander mense se beeldskone selfies en dan wonder ons wat hulle geheim is. Om nie eens te praat van bekendes s'n nie! Supermodelle soos Candice Swanepoel lyk altyd perfek in haar selfies. Hoe kry hulle dit reg? Hier verklap die selfie-koninginne hulle geheime ... 

Candice Swanepoel, Adriana Lima, Alessandra Ambrosio en Doutzen Kroes het onlangs hulle wenke op ’n video gedeel, toets dit nóú uit:

Video: W Magazine

Die volgende 10 wenke kan jou ook help om die perfekte foto te neem:

#1 Neem van bo af

Die mens wat die foto neem, moet jou gesig altyd van bo af afneem. Dit laat jou gesig skraler lyk en definieer jou kakebeen.

#2 Jou hele lyf

As jy ’n vollengte-foto neem, maar seker jou hele liggaam pas in die foto in. Dit skep ’n vertikale lyn, wat jou skraler laat lyk.

#3 Perfekte glimlag

Stap 1: Maak jou oë toe

Stap 2: Haal diep asem

Stap 3: Maak jou oë oop net voordat die flits afgaan

Stap 4: Glimlag!

#4 Plaas jou tong agter jou tande

Dit sal verhoed dat jy te breed glimlag, maar onthou net om met jou oë te glimlag!

#5 Kyk in die lig in

Dit maak jou pupille kleiner en verhoed rooi oë op ’n foto.

#6 Sê “money” wanneer jy die foto neem

Dit laat jou glimlag glo natuurliker lyk.

#7 Moenie vir ’n groepfoto die naaste aan die kamera staan nie

Jy gaan die grootste lyk!

#8 Linker flinker

Blykbaar is die linkerkant van jou gesig die aantreklikste.

#9 Vollengte-foto vanaf ’n laer vlak

Dit skep die illusie dat jy langer en skraler is.

#10 Draai jou gesig skuins

Dit definieer jou gesigvorm beter.

Lyk nóú soos ’n model in jou foto’s