Jy hoef nie soos ’n tent te lyk terwyl jy swanger is nie! Swangerskap is een van die mooiste ervarings – hoekom moet jy dit wegsteek? En stylloos hoef jy beslis nie te wees nie.

Blake Lively behoort enige swanger vrou se styl-ikoon te wees. Sy is nie vir ’n enkele oomblik skaam om haar swangerskap-kurwes te wys nie.

Sy het het die afgelope naweek haar tweede baba verwelkom - lees hier. Maar haar styl tydens haar swangerskap was weereens in die kol!

Jy mág dit dra, nes Blake Lively:

 #1 Rokke met uitsny-detail

Kyk na Blake - om ’n bietjie vel te wys tydens swangerskap lyk allesbehalwe sleg.

#2 Noupassende items

Daar is min dinge so oulik soos ’n swanger magie.

#3 Soomlyn bo die knie

As jy mooi bene het, moenie dink jy moet dit tydens jou swangerskap wegsteek nie.

#4 Aandrokke

Jy mág mooi aantrek vir formele geleenthede.

#5 Bikini

Dra jou bikini! Blake staan tussen ’n klomp modelle en sy lyk beeldskoon in haar bikini.

A photo posted by Gigi Hadid (@gigihadid) on

#6 Skouerlose items

Indien jy wel selfbewus is oor jou nuwe kurwes, wys ’n bietjie vel deur jou skouers oop te hou.

Haal uit jou selfvertroue en bêre jou selfbewus-streke, want swangerskap is wonderlik! #wysjoukurwes