Kleur hierdie somer blou!

Met soveel hoogmode-skakerings - van turkoois, vlootblou, hemelsblou, seeblou, persblou, poeierblou, elektriese blou - is daar ’n blou van jou drome.

Dis vir warm dae, vir soel aande, vir die kantoor of naweek-pret - blou vir elke oomblik.

Jy kan dié sien-my-raak-kleur saam met die ander groot somer-trend dra: die vroulike manstyl. Dis die oorgroot baadjie in sý kas, stylvolle sportklere, die kortbroek (as jy kan!) en bonkige gladiator-sandale daarby. Geen somer-uitrusting is afgerond sonder dié sandaal nie, hetsy plat of met ’n hemelhoë hak.

En onthou, neutrale kleure, romantiese valle en ’n oop skouer is dié seisoen so reg in die kol. Blaai dan verder deur jou somerbylae vir nog treffer-modes . . . tot by die sjiek Afrika-styl.

Hier is Vogue se A-Z trend-lys vir dié seisoen.

Kry jóú mode-en-skoonheidsbylae GRATIS saam met jou Oktober-uitgawe en sien hoe jy hierdie modes kan dra (vanaf 14 September te koop).

Redakteursbrief