Wys skouer

Laat sensuele skouers die aandag trek met
asimmetriese styl of detail nét aan een kant.
Vlootblou-beige-en-waatlemoenkleurige
asimmetriese rok van sy-chiffon
R2 299
Country Road @ Woolworths
groottes 4 – 16

Goue palmhandsak met blinkers
R399
Luella
Koperkroonkandelaar-oorbelle met krale
R210
Lulu Belle

Eenskouerrok in KLûK
CGDT se lente-somer-
versameling vir 2009
by ARISE Africa Fashion
Week in Johannesburg.

Swart-en-vlootblou
eenskouer-rok
R2 299
Country Road @
Wooworths

groottes 4 – 16

Pienk-en-wit polka-
kol-top met val-detail
R220
Foschini
groottes 8 – 16

Grys-en-blou
gestreepte rok
R499
Sissy Boy
groottes XS – XL

Blom in blou

Koel in koningsblou, kobaltblou, vlootblou . . .

 
 

Blou was 'n groot
inspirasie vir Stefania
Morland se lente-somer-
versameling vir 2009 by
ARISE Cape Town
Fashion Week.


Blou V-nek-rok in
Stefania Morland se
lente-somer-versameling
vir 2009 by ARISE Cape
Town Fashion Week.

Volgens die ontwerpers
van Mango se somer
2009-reeks is blou 'n
moet-kleur

Kunsleer-hakskoene
met uitsny-detail
R399

Slick


Afrika-ritme

Die somer pols met etniese (tribal) patrone en diervelmotiewe

 
David Tlale se somer-versameling vir 2009

Etniese patrone het
geseëvier in David Tlale se
lente-somer-versameling
vir 2009 by die ARISE Africa
Fashion Week in Johannesburg.

Handsak met etniese
patroon

R399

Mongoose @ Big Blue

  

Groen top met kralewerk

R320 TRUWORTHS LTD
groottes 30 – 42

Sebra-motief serp R299
Accessorize

Op safari

Die buitelug roep, en die wagwoord bly elegansie: goud en steenkleure met 'n spatsel etniese motiewe en juweliersware

 
Steenkleurige driekwartmou-
hemp (R399,95), Mango.
Goue moulose blinkertop
(R499), Slick. Steenkleurige
romp van katoenmengelstof
(R229,95), Slick. Bruin gladiator-
sandale (R99,95), Ackermans.
Bruin leerbelt met klinkers
(studs) (R549), Country Road
@ WoolWorths. Serp met
etniese patroon (R150),
Dictionary. Sebra-motief-
armband van hars (R495),
Slate. Goudkleurige armband
(middel, R129), Accessorize.
Goudkleurige armband
(onder,R75), Lulu Belle.

Hemp: groottes S – L
Top: slegs grootte M
Romp: groottes 6 – 16

Taankleurige groot handsak

R899
Nine West

Roomkleurige-
en-bruin serp

R150 Foschini

Steenkleurige-
en-swart rok
R990 Jo Borkett groottes XS – L

Opvallend

Romanse is in die lug . . . verhoog die drama met vroulike valle

 
       

Wit rok met val-detail
om halslyn in Thula
Sindi se lente-somer-
versameling vir 2009
by ARISE Africa Fashion
Week in Johannesburg.

Seegroen kortmoubloes
van satyn met valle
R179,95
Kelso Career @ Edgars

groottes 6 – 16

Seegroen aandrok
met val-detail in
KLûK CGDT se lente-
somer-versameling
vir 2009 by ARISE
Africa Fashion Week
in Johannesburg.

Grys skederok met
val-detail in Thula
Sindi se lente-somer-
versameling vir 2009
by ARISE Africa Fashion
Week in Johannesburg.

Grafiese patroon

Soveel keuses! Wissel tradisionele Afrika-motiewe af met hipermoderne strepe en kolle met digitale inspirasie

 

Chiffontop met grafiese
patroon (R179,95),Kelso
Career @ Edgars.
Vlootblou jeans (R599),
Sissy Boy. Sjampanje-
kleurige onderbaadjie
met drapeer-effek
(R350), Slick. Grys belt
van kunsslangvel
(R180), Foschini.
Goudkleurige tossel-
halssnoer (R229),
Accessorize.

Top: groottes 6 – 16

Jeans: 4 – 16

Onderbaadjie: een
grootte pas almal

 

Lospassende bloes
met grafiese patroon

R169,95

Edgars

 

Blou-en-groen grafiese

patroon-syserp

R169

Accessorize


Pienk-en-bruin
rok met kuns-
blinkleerbelt

R1 395

Slate

Op jou tone

Gee jou voete vlerke in gladiator-skoene

 
Taankleurige gladiator-
hakskoen in Stefania
Morland se lente-somer-
versameling by die ARISE
Cape Town Fashion Week.

Goue kuitlengte
gladiator-sandale
van leer

R699
Luella

Swart gladiator-hakskoen
met klinknaels
R199,95
Kelso @ Edgars

Treffende gladiator-sandale

op die loopplank in
Fundudzi se lente-somer-
versameling by die ARISE
Africa Fashion Week in
Johannesburg.

In sagte lig

Sien jouself in 'n nuwe lig met skakerings van sagte pienk tot café au lait

 
       
Vleeskleurig, sag en vroulik,
dis die styl vir Mango se
somer 2009-reeks.

Biege chiffontop met
sjaalkraag

R199,95
Kelso Career @ Edgars
groottes 6 – 16

Pienk langbroek
R449,95
Mango
groottes S – L

Vleeskleurige aandrok
in David Tlale se lente-
somer-versameling vir
2009 by ARISE Africa
Fashion Week in
Johannesburg.

Skaakmat

Swart-en-wit blý treffend

 
       
Swart-en-wit asimmetrie
in Thula Sindi se lente-
somer-versameling vir
2009 by die ARISE Africa
Fashion Week in
Johannesburg

Swart-en-wit kant-
patroon-rok in
KLûK CGDT se lente-
somer-versameling
vir 2009 by ARISE
Cape Town Fashion
Week.

Swart-en-wit kolle-bloes
R280
Foschini
groottes 8 – 16
Swart-en-wit
gestreepte rok
R1 700
Metalicus
groottes: S – L

Sportiewe sjiek

Vergeet die gewone oefendrag-voorkoms: nou beteken sportief ook luuks, met helder kleure, glinstermateriaal en detail soos ritssluiters, sakke en veters

 

Steenkleurige kortbroek
van katoenmengelstof
(R349,95), Mango. Oranje-
en-wit gestreepte T-hemp
(R399), TRENERY @
Woolworths. Goue baadjie
van symengelstof (R1 300),
Guess. Swart hakskoene
van leer met veter-detail
(R1 299), Country Road
@ Woolworths. Oranje
horlosie (R2 999),
Toy Watch.

Broek: groottes XS – L

T-hemp: XS – XXL

Baadjie: XS – L

Swart top met helder-
kleurige bandjies
R299

Sissy Boy

groottes XS – XL

 

Swart sandaal van
growwe maasstof

R499

Slick


 

Wit baadjie met
sak- en ritssluiter-detail

R399
TRUWORTHS LTD
groottes 30 – 42