Van ek kan onthou, droom ek van my perfekte martiekafskeid rok. Ek het al maande voor die tyd rok ontwerpe op die internet begin soek en ek het toe my rok op 'n Elie Saab ontwerp baseer. Ek is mal oor helder, ryk kleure en baie detail, maar 'n eenvoudige en eligante rok was 'n definitiewe. Toe ek my materiaal sien, was ek dadelik versot daarop. Alles waarvan ek gehou het, van gedroom het was in daardie stuk lap vasgevang. Met die ontwerp, die materiaal en die kennis van die ervare Sylvia van der Merwe, was my droom rok gewaarborg. Ek kan met alle eerlikheid sê dat die rok al my drome oorskry het...dit is my droom rok!

Sien alle inskrywings