Die verleentheid van ’n soom wat uit is, ’n ritssluiter wat vashaak of onnodige cleavage danksy ’n knoop wat afspring, kan alles vermy word met dié wenke.

SOS: Oplossings vir jou mode-noodgeval (DEEL 1)

#8 Plakkies se band gaan los

Jy is op pad iewers heen en daar trek jou plakkies se band uit - die band tussen jou tone!

via GIPHY

Albany brood Pick 'n Pay : Albany brood : R14.29

Oplossing: Gaan haal die plastiek-bandjie wat die broodsak toehou en haak dit aan die bandjie onderaan jou plakkie vas.

#9 Jy is hak-af

Die grootste verleentheid is wanneer jou hak afbreek.

Oplossing: Supersterk gom (super glue)!

#10 Grimeervlekke

Jou wit bloes het ’n rooi lipstiffie-vlek.

Oplossing: Wet Wipes werk soos ’n bom! Indien jy steeds sukkel om dit uit te kry, beveel ons aan dat jy Sunlight-koekieseep oor die vlek smeer en dit uitvryf, maar moet die seep net nie te dik aansmeer nie.

#11 Kougom-situasie

Jy het in kougom gaan sit ...

Haarsprei by Clicks R41.95 Haarsproei by Clicks R41.95

Oplossing: Kry die sterkste en taaiste kleefband en plaas dit op die area. Druk dit vas en trek dit weer af - die kougom kom saam met die kleefband af. Jy kan ook haarsproei op die kougom spuit en dit laat hard word, dan kom dit makliker af. 

Uit eie ondervinding:

Kougom of wondergom in jou hare of in jou kind se hare is ’n gemors! Grondboontjiebotter werk soos ‘n bom, asook vloeibare skottelgoedseep soos Sunlight Liquid.

#12 Hare vir Afrika

Jy het ‘n donker item aan en jou klere is vol kat- of hondehare.

Oplossing : Maskeerband! Draai die maskeerband om jou hand sodat die taai kant na buite wys en trek die hare daarmee af.

#13 Deodorant-vlek

Wit merke onder jou arms?

Oplossing: Gebruik witasyn om die deodorant uit te kry.

#14 Koffie- of wynvlekke

Jou kledingstuk het 'n koffie- of rooiwynvlek.

Oplossing: Gebruik witasyn. Spoel die kledingstuk uit in witasyn of vryf witasyn wat met water verdun is op die vlek. As jy nie witasyn het nie, kan jy sodawater gebruik - dit werk net so goed. 

#15 Geleerde kouse

Jou kouse het gehaak en die gat raak al groter ...

Oplossing: Sit deurskynende naellak op die eindpunte van die leer om te keer dat die gat groter word.

Studente se raad vir geleerde swart kouse: Kleur die gat in met ‘n swart viltpen en spaar só 'n paar rand.

#16 Donsies op die oppervlak van jou trui

Jou trui lyk oud, want dis vol donsies.

Oplossing: Gebruik 'n skeerlemmetjie en skeer die donsies af.

Lees nou