Gaste kon nie net haar ongelooflike somer-uitrustings van naderby besigtig nie, maar die lieflike Lindiwe Suttle het ook almal vermaak met haar sang.

Die ander groot gebeurtenis was die bekendstelling van Anna-belle.

Anna-Belle, 'n rok, gaan 'n jaar lank die wêreld vol reis met 'n GPS, wat deur Vodacom geborg word, aan die rok vas. Dié rok sal deur fotograwe en kunstenaars wêreldwyd gefotografeer word.

Eerste aan die beurt is die Kaapse fotograaf Antonia Steyn. Sy besluit dan vir wie sy dit volgende stuur en só begin die reis.

Met die GPS kan Stefania heeltyd sien waar die rok is. Ná 'n jaar sal al die kunswerke wat deur die rok geïnspireer word, in stede soos Milaan, Parys en Londen opgeveil word. Dit is ten bate van die groenorganisasie EnviroCare. Dié projek gaan 'n jaarlikse instelling word en die rokke sal elke jaar 'n naam in alfabetiese volgorde kry. Klik op www.stefaniamorlandblog.com vir nog inligting en foto's.
Kontak 021 422 2609 of besoek www.stefaniamorland.com.