Louis Vuitton het ‘n ongelooflike mooi serp met blompatrone bekend gestel. Hierdie roos-ontwerp is ‘n huldeblyk aan Stephen Sprouse, wat saam met Marc Jacobs aan Louis Vuitton se ikoniese 2001-graffiti-versameling gewerk het. Dis perfek as jy die groot blompatroon-tendens van Winter 2009 wil navolg. Blompatroon-serpe (vanaf R2 900), Louis Vuitton. Vir meer inligting kontak 011 784 9854; 021 405 9700 Besoek ook www.louisvuitton.com