Is hy altyd veronderstel om perfek by sy metgesel te pas en in ‘n soortgelyke kleur sy verskyning te maak? Of moet hy nog ‘n lyfband om die heupe dra soos dié een waarmee Kevin Bacon ons met sy danspassies in Footloose betower het? Nee, dit is tyd om weg te breek van die gewone en tradisie. Doen dit hierdie jaar eerder in styl!

Modes vir mans is deesdae al meer waaghalsig, kleurvol en veelsydig. Die belangrikste is om die beste styl te vind wat sy persoonlikheid na vore bring én by sy liggaamsbou pas. Hou dit stylvol en sjiek, en moet dit nie oordoen nie.

Swart bly maar altyd ‘n staatmaker en kom treffend voor. Dit gee ‘n sterk, manlike voorkoms en met ‘n volle swart uitrusting kan hy nie verkeerd gaan nie. ‘n Donker grys das kan ook gedra word om die swart net ‘n bietjie te breek.

matriek

Fabiani tydens "Mercedes Benz Cape Town Fashion Week"

Daar is altyd die kwessie van ‘n strikdas of `n gewone das. Dit hang alles van jou seun af. ‘n Strikdas is ‘n prettige manier om ‘n snyerspak op te kikker, veral as dit ‘n kleurvolle een is. Dink aan Robert Redford in “The Great Gatsby”. Speel ‘n bietjie rond met kleur. As hy nie een is vir ‘n helderkleurige pak nie, dra eerder ‘n das of hemp wat kleur op ‘n meer subtiele manier inbring en ook kan pas by jou metgesel.

Sien die Gatsby-koors tydens die Cannes filmfees

Screen Shot 2013-10-11 at 11.08.27 AM Fabiani tydens "Mercedes Benz Cape Town Fashion Week"

‘n Snyersbaadjie met ‘n interessante motief is meer waaghalsig en glad nie gewoon nie. Dit rond jou snyersbroek af met ‘n moderne, elegante voorkoms. Dra dit saam met ‘n eenkleurige hemp en strikdas en hy is reg vir die groot aand.

matriek1

Craig Port tydens "Mercedes Benz Cape Town Fashion Week"

Die belangrikste is dat die pak goed pas en die moue en pype nie te kort of te lank is nie. Vryf daardie skoene blink, want hiérdie is 'n aand om te onthou!

Alle foto's verskaf deur Simon Deiner / SDR Photo