Hulle het die afgelope week gewys dat swart steeds elegant, stylvol en modern is - ’n treffer in elke vrou se klerekas.

By die gala-aand van amfAR, ’n internasionale stigting vir navorsing oor vigs, wat in New York gehou is, het Poppy Delevingne en die susters Jessica en Ashley Hart (almal modelle) stylvol en grasieus gelyk in swart uitrustings van Louis Vuitton.

Poppy Delevingne se elegant Louis Vuitton-uitrusting by amfAR se gala in New York. FOTO: Luis Vuitton Poppy Delevingne se elegant Louis Vuitton-uitrusting by amfAR se gala in New York. FOTO: Luis Vuitton Die Victoria Secret-model, Jessica Hart lyk modern in swart Louis Vuitton by die amfAR New York gala. FOTO: Louis Vuitton Die Victoria Secret-model, Jessica Hart lyk modern in swart Louis Vuitton by die amfAR New York gala. FOTO: Louis Vuitton   En dié week dra al wat ’n bekende is swart by die New Yorkse Modeweek, waar klere vir die oorsese lente en somer ten toon gestel word, en wys dat swart altyd ’n treffer is. Giuliana Rancic en Demi Lovato dra albei swart op Giuliana se nuwe program vir E!, Beyond candid. FOTO: Instagram (@giulianarancic) Giuliana Rancic en Demi Lovato dra albei swart op Giuliana se nuwe program vir E!, Beyond Candid. FOTO: Instagram (@giulianarancic) Die beste deel van ’n treffende swart item in jou klerekas is dat dit boonop die perfekte pasmaat is vir die jaar se groot modetendense, soos trofee-halssnoere, patrone en helder kleure. Só dra van die wêreld se bekendes dié kleur vanjaar by die New Yorkse Modeweek.

Victoria Beckham na haar klerevertoning by die New York modeweek. FOTO: Twitter Elegant in swart: Victoria Beckham by die vertoning van haar klerereeks by die New Yorkse Modeweek. FOTO: Twitter

Wat is die staatmaker-kleur in jóú klerekas?