Die Chopard-ontwerpspan het vir die eerste keer 'n wêrelddiere-versameling geskep om hierdie mylpaal te vier. Hierdie reeks van 150 ontwerpe is egter slegs beskikbaar op aanvraag, want vir 'n jaar lank gaan die reeks op toer! Uitstallings gaan regoor die wêreld plaasvind en van die geld wat ingesamel word, gaan aan die WWF (World Wide Fund).

Hierdie vennootskap mik om te help met die beskerming van tiere. Die mikpunt is om teen 2022 die hoeveelheid wilde tiere (tans 3 200 wêreldwyd) te verdubbel.

Besoek Chopard se webtuiste om van die ontwerpe te sien. Skakel 021 421 0195 vir meer inligting of besoek www.chopard.co