Die internasionale modehuis Louis Vuitton het kragte saamgespan met ’n Suid-Afrikaanse kunstenaar uit die Oos-Kaap ...

Die 30-jarige Athi-Patra Ruga is gevra om ’n tapisserie te maak wat tydens die Europese herfs (September/Oktober) in die winkelvensters van Louis Vuitton se vlagskip-winkel op die Champs-Élysées in Parys kan pryk, berig Women's Wear Daily. Lees die volledige artikel hier.

Louis Vuitton se winkel op die Champs-Élysées in Parys FOTO: Twitter (@rubyvra) Louis Vuitton se winkel op die Champs-Élysées in Parys
FOTO: Twitter (@rubyvra)

Athi-Patra, wat deesdae in Kaapstad woon, is die eerste kunstenaar van Afrika wat genader is om oorspronklike kuns vir Louis Vuitton te maak.

Die tapisserie, wat 4 m x 4 m groot gaan wees, word later vanjaar na Parys verskeep.

Die kunstenaar is bekend vir sy vermenging van kontemporêre kuns, uitvoerings en mode in ’n avant garde-styl. Sy tapisserieë met onderliggende multikulturele verwysings, humor en sensualiteit is die kuns wat hom sy status as top-kunstenaar gegee het.

Bronne: Women's Wear Daily & Mail & Guardian