Dis tyd om jou beste skoene uit te haal, jou blinkste handsak oor jou arm te haak en jou gunsteling-uitrusting aan te trek, want tussen Suid-Afrika se beste ontwerpers sal jy ook maar jou beste voetjie voor moet sit. SA Fashion Weekvind van 10 tot 13 April plaas by die Crowne Plaza in Rosebank, Johannesburg. Hierdie spog-geleentheid sal die werk van dertig van Suid- Afrika se beste ontwerpers ten toon stel. Name sluit in Amanda Laird Cherry, Black Coffee, Clive Rundle, Gert-Johan Coetzee, Lunar, Suzaan Heyns en Tiaan Nagel. Die naam op almal se lippe is egter die bekroonde Suid-Afrikaanse hoedemaker (wat nou in New York gevestig is), Albertus Swanepoel. Modeliefhebbers sien uit na sy luukse sportdrag-reeks wat hier bekendgestel gaan word. Hierdie is beslis nie ’n geleentheid wat jy wil nie, en met die kaartjies teen slegs R175 by Computicket, het jy geen verskoning om nie te sien wat ons ontwerpers beplan vir die komende somer nie!

Meer inligting is beskikbaar by www.safashionweek.co.za.