Vandag wys Saartjie vir ons wat in haar in-mandjie beland het - foto's van die skoenhandelsmerk Superga se nuwe veldtog! En die pragtige Suki Waterhouse is die gesig daarvan ...

SAARTJIE inbox

Dié Britse model en aktrise en meisie van die akteur Bradley Cooper is gekies as die nuwe gesig van Superga se somer 2014-veldtog. Suki Waterhouse verskyn in die veldtog met 'n agter-die-skerm-gevoel wat die luilekker tog stylvolle voorkoms van dié Italiaanse handelsmerk weerspieël.

Suki se prettige persoonlikheid pas perfek by Superga en dit is net gepas dat sy in die voetspore van ander Britse mode-ikone soos Alexa Chung en Rita Ora volg.

 Superga se somer 2014-veldtog

Suki Waterhouse gesig van nuwe Superga-veldtog Suki Waterhouse, gesig van die nuwe Superga-veldtog.

Suki Waterhouse gesig van nuwe Superga-veldtog

Suki Waterhouse gesig van nuwe Superga-veldtog

Suki Waterhouse gesig van nuwe Superga-veldtog

Suki Waterhouse gesig van nuwe Superga-veldtog

Suki is nie net bekend vir haar modelwerk vir groot name soos die modehuis Burberry en die glanstydskrif Vogue nie, sy is ook ’n talentvolle aktrise en speel in die fliek Love, Rosie. Dit is die opvolg op die suksesvolle romantiese komedie P.S. I Love You.