My rok is uniek, ek het 'n basiese idee gehad van hoe dit moes lyk. Eers toe my ontwerper met die ontwerp van my rok begin, het die finale prentjie in my kop begin vorm. My rok het uit egte goue sy, swarovskis, fyn kant en net bestaan, dit het alles by gedra tot my flambojante rok. My ontwerper en my liefste moeder het gedeur nag om my rok betyds klaar te kry. 2 Ure voor die matriekafskeid sien ek my rok vir die eerste keer nog vas gesteek aan ‘n paspop. My en my moeder se senuwees was klaar, almal het aan die werk gespring en vinnig my en my rok aan mekaar gesit. My ouma, moeder en die ontwerper - ook bekend as my tannie Wil het gou die laaste afrondings gedoen. Nadat my nig my gesiggie in gekleur het, het ek in my rok gespring en my tannie my korset toe geryg met goue koord. My niggie het die laaste kristalle aan die goue koord vas gewerk. As 'n meisie se trourok haar mees spesiaalste rok van haar lewe moet wees, gaan my trourok buiten gewoon spesiaal moet wees om kers vas te hou by my matriekafskeidrok.

Sien alle inskrywings