'n Vriendin van Hoërskool Overkruin, het die rok gemaak deur F Wilson gedra na 'n Valentyns Bal. Met die eerste oogopslag het ek geweet die rok wil ek dra na my Matriekafskeid!!! Afspraak is gemaak en daar pas "Camelia" (naam vd rok) my soos 'n handskoen. In samewerking met Fritz van F.Wilson het ons 'n paar veranderinge aangebring en Camelia verander na Suné.... 'n rok waarin ek soos 'n Fee-prinses gevoel het. Die kleur, materiaal en snit was alles wat ek in 'n droom matriekafskeid rok wou gehad het... Met die besonderse goeie diens wat ek van F.Wilson ontvang het, en alles wat net van die begin af in plek geval het, het ek geweet dit was die hand van ons Hemelse Vader wat met my keuse was van dag een af. Alle lof en eer aan Jesus wat die wonderlike dag vir my moontlik gemaak het. Ek het my matriekjaar met swier afgesluit in my droom matriekafskeid rok!!

Sien alle inskrywings