My inspirasie vir my rok sowel as my grimering en hare, kom van die Fraanse Koningin Marie Antoinette af. Sy was nie net een van die voorste mode styl ikone nie, maar sy het 'n groot impak gehad op die mense om haar en ek glo dat dit een van die belangrikste mikpunte in 'n jong dame se lewe moet wees. Marie Antoinette is ‘n inspirasie vir my, omdat sy nie bang was om haar individualiteit of haar ondersteuning vir ‘n saak te stel deur haar modestyl nie. Nes sy wil ek my liefde vir oudtydse koninklike drag uitbeeld, sonder om my te steur aan die invloed van ander of die hedendaagse modegier. My voorliefde vir die koningin asook Disney Prinses karakters sal altyd deel van my persona wees.

Sien alle inskrywings