As jy op soek is na nuwe jeans met 'n jong, modieuse aanslag, kan jy gerus by Diesel gaan inloer. Daar's ses splinternuwe style om van te kies:

Grupee: Super-noupassende jeans met uiters nou pype.

Getlegg: Noupassende noupyp-jeans, maar wyer by die knie en met 'n hoër middelband.

Bootzee: Perfek vir die werk. Dié noupassende styl het 'n effense stewelpyp. Die sakke agter sit hoër as by die ander style.

Highkee: Uitgaan-jeans, geïnspireer deur die style van die jare vyftig. Reguit pype, 'n noupassende snit en 'n hoë middel.

Myguy: Kêrelstyl-jeans vir gemak en loslitdae.

Flairlegg: Modieus en sjiek – 'n gemaklike snit met wye pype.

Die reeks is van Maart 2012 by Dielsel-winkels landswyd beskikbaar. Skakel 011 783 0882 of gaan na www.diesel.com.