Vir hierdie ontwerperspaar Domenico Dolce & Stefano Gabbana was die groot inspirasie die Britse koninklikes. Vir ‘n moderne aanslag hierdie winter, dra jou serp om jou nek of bind dit aan jou handsak se handvatsel. Of speel verder rond, die moontlikhede is eindeloos: Dra jou serp ook as ‘n kopband of bind dit om jou middel vir ‘n voorkoms met kurwes. Serpe word vandag dekoratief gedra, maar in die geskiedenis was dit nogals 'n praktiese ding, soos om die stof uit cowboys se gesigte te hou, of verskillende kleure om 'n soldaat se rang aan te dui. Syserpe (vanaf R75), Lulu Belle. Vir meer inligting: 012 346 6424; 021 671 5728