My liefde vir die klassieke romantiese styl word in hierdie rok vasgevang. Ek is versot op enige iets vintage. Die idee vir die rok is verkry uit my gunsteling fliek, Harry Potter. In die laaste fliek in hierdie reeks, trou Fleur in 'n soortgelyke rok. Ek het absoluut op daardie rok verlief geraak en geweet dat ek dit na my matriekafskeid wil dra. Dit weerspieël so baie aspekte van my persoonlikheid. Dit is sag en vroulik met net genoeg beklemtoning om mense twee keer te laat kyk. Die detail op die rok is kontrasterend in kleur en staan uit. Tog is dit ook sag genoeg, sodat dit nie die fokus van die rok self afneem nie. Ek het gevoel ek sweef soos 'n prinses oor die vloer in hierdie rok. Vir my was dit sowaar sprokiesmooi.

Sien alle inskrywings