Presies 2 jaar gelede het ek 'n foto in die plaaslike koerant gesien van 'n matriekmeisie wat daardie jaar haar eie matriekafskeidrok ontwerp en gemaak het en die koerant se matriekafskeidrokkompetisie gewen het en so het my ontwerper, Arielle, my inspirasie vir my droomrok geword. Haar rok was asemrowend mooi en versier met die pragtigste kralewerk en ek kon my dadelik visualiseer in 'n soortgelyke elegante, glansryke rok. Ek het geweet dat niemand anders my rok moes maak nie. My kleurkeuse het op groen geval, aangesien dit my velkleur komplimenteer en ook 'n gunsteling kleur is. Die eindproduk het my verwagtinge oortref en ek het ongelooflik glansryk en baie spesiaal gevoel. Ek is absoluut gek oor my rok!

Sien alle inskrywings