Nie alleen inspireer Juanita du Plessis my met haar liedjies nie, maar ook deur wie sy as mens is. Dit was dus nie vreemd toe ek die 2010 Skouspel rok wat Juanita gedra het as inspirasie gebruik het om groot te droom nie. Voeg hierby die agterkant van die rok wat Juanita in haar “Tussen Woorde” musiekvideo gedra het en volia... my sprokies-rok in wording. Die kleur pers, in verskeie skakerings en teksture, was nog altyd my gunsteling kleur. Die ongewone kombinasie van turkoois het my droomrok net die nodige “ twist” gegee ! My rok en die aand van 15 September 2011 was net soos ek dit voorgestel het... ONGELOOFLIK !!! Dankie aan almal wat saam my gedroom het en veral dankie aan Esther Putter wat my droomrok ‘n werklikheid gemaak het !!

Sien alle inskrywings