Ek het nog altyd gedroom van my matriekafskeid waar ek soos n klassieke jong dame wou lyk. Die "Vintage" voorkoms met eenvoudige, klassieke styl wat my figuur perfek pas, gemaak van champanje kleurige ingevoerde kant, satyn en organza lap het my gelaat en haarkleur gekomplimenteer. Die ontwerper Dazelle Venter het gesorg dat die fokuspunt op die bo-stuk van my rok val, deur gebruik te maak van baie stene, kristalle asook fyn krale werk. Die organza is gedrappeer oor my skouers en oor die growwe ingevoerde kant om die klasieke voorkoms te beklemtoon. Die romp gedeelte is eenvoudig nousluitend gehou met `n "slit" in die middel af wat omgeborduur is met dieselfde geborduurde kant met krale en kristalle. Die rok het `n lae rug omgewerk met kant en kralewerk om by die bo-stuk te pas . Daar was ook drie bandjies met kristalle wat my bo-stuk agter vasgemaak het met `n middelpunt van krale en kristalle soos die bo-stuk. My rok het `n sleep gehad wat ek kon vasmaak met `n knoop, sodat ek gemaklik kon dans en rondloop deur die aand. Dit was my DROOM ROK en het soos `n prinses gevoel!

Sien alle inskrywings