Mens besef nie hoe vinnig die GROOT dag van jou matriekafskeid nader kom nie! My sus die modefinatikus het vroeg die jaar by ‘n bruidskou gewerk en daar ‘n brosjure by een van die bruidshuise gekry, met ‘n rok op wat sy gemeen het was DIE rok vir my. Ek, hardkoppig soos altyd het glad nie saamgestem nie (want wat weet sy tog!). Ek en my ma het Gauteng se strate plat gery, die internet suf gesoek en hope tydskrifte deurgeblaai, vir daardie spesiale rok. Tot ek besef het daar is net een rok vir my...ousus was toe reg. Ek het op swart besluit, dis tydloos, statig en verhoed dat die detail van my rok té is. My blink smaraggroen juwele het ‘n tikkie kleur en die perfekte afronding aan die hele prentjie gegee. Ek wil net baie dankie sê aan die beste rokmaakster in Gauteng, Tannie Marie Sinden, wat gestalte aan my droomrok gegee het. Ek het waarlik soos ‘n celeb op die rooitapyt gevoel, met die mees handsomste metgesel aan my arm.

Sien alle inskrywings