Tydens die openingswedstryd op Wimbledon het sy ’n interessante wit eenstuk-uitrusting aangehad. En dit het omtrent kritice se tonge laat klap!

Venus is die trotse ontwerper van al haar tennis-uitrustings en sy het ook haar eie mode-reeks V’s Collection , wat hoofsaaklik uit sportdrag en juweliersware bestaan.

Sy het na haar wit pakkie verwys as ‘trendy en pret’. Maar vreemde drag of nie, sy het as wenner uit die stryd getree toe sy met Akgul Amanmuradova van Uzbekistan in skoon stelle afgereken het.

Tennis-drag vir vroue het oor die laaste honderd jaar aansienlik verander! Vogue het ’n paar foto’s uit hul argief gaan opdiep.

Kyk op Vogue na die ewigveranderende tennis-rokkies:

Tennis-drag toe en nou