Vir Lente/Somer 2010 is dié materiaal-'kunswerke' weer terug met nuwe fut - dié keer tog 'n bietjie meer bedees en in toom. 'n Vars toevoeging tot dié waterverf-agtige patrone is die gebruik van moderne en indrukwekkende digitale patrone.

sarie.com se modeblogger, Aspoestertjie, verklap wat jy dié seisoen kan verwag:

HIER'S EK WEER MET TIE-DYE VOOR JOU DEUR

"Ek en 'n paar vriendinne sit twee maande terug en gesels oor tie-dye, die een het toe sopas vir haar 'n grys en wit tie-dye top oorsee gekoop. Sy moes omtrent haarself en haar smaak verdedig omdat niemand kan dink dat dit weer cool kan wees nie. Maar dit is, so wees gereed. Ek sien meer en meer winkels wat tie-dye klere verkoop en dit is meeste van die tyd vir my so mooi!

Moenie dink alles lyk soos in die sestigerjare se tie-dye nie, hierdie keer is dit baie meer 'toned down'. Grys en wit is die meer gewilde kleure. Ek het vir my 'n stunning maksirok gekoop wat grys is met wit tie-dye strepe." - Aspoestertjie

Klik om te sien hoe verskillende ontwerpers dié trend laat herleef.