Dié voormalige vrou van Billy Joel was van haar modeljare sinoniem met skoonheid. En nou op 59-jarige ouderdom, het min verander.

Christie Brinkley FOTO: Christie het 'n rekord opgestel deur 3 keer agtereenvolgens op die voorblad van Sports Illustrated se voorblad te verskyn.

Ons wys jou 5 maniere hoe om haar styl te kry.

Christie het nie ná haar modeldae gaan stilsit nie. Sy het ook in flieks gespeel en was verlede jaar in die musiekblyspel Chicago te sien, waarvoor sy 'n Broadway Beacon-toekenning ontvang het. Sy is ook baie betrokke by liefdadigheidswerk en is 'n aktivis vir mense- en diereregte. En onlangs het sy saam met die akteur Alec Baldwin by 'n geleentheid verskyn ten bate van beter openbare gesondheidsdienste.

1) Beklemtoon jou beste bates

FOTO: Instagram FOTO: Instagram

Christie het 'n baie moderne styl. Sy weet egter hoe om aan te trek om haar vroulike kurwes te beklemtoon. Die geheim van dié rok is die sy-panele wat haar middel kleiner laat lyk. Die twee kleure van die neklyn en arms trek ook die aandag na die regte plekke toe.

Hierdie rokke binne die SARIE-winkel het dieselfde effek op jou lyf:

5 "Mexico City body con dress" van Jorge

"Lace panel dress" van SASS "Lace panel dress" van SASS

Nes sy weet hoe om reg aan te trek, weet Christie hoe om haar gesig te grimeer sodat net haar beste eienskappe beklemtoon word. Die geheim is om met donker en ligte grimering te speel om jou eie kontoere te skep. Só kan jy byvoorbeeld jou wangbene meer aksentueer of jou neus kleiner laat lyk. En dié truuks is nie net vir grimeerkunstenaars nie. Ons wys jou om dié effek te skep. Klik hier om meer te lees.

Kontoer-grimering

2) Beskerm jou vel

Christie is lief vir die see en die son en is 'n ware Kalifornië-meisie. Maar almal weet jou vel se grootste vyand is die son. SARIE se skoonheidsredakteur, Charis Labuschagne, gee HIER wenke hoe om jou vel teen die son te beskerm.

FOTO: Instagram FOTO: Instagram

9"Botta hooded parka" van Amanda Laird Cherry

"Botta hooded parka" van Amanda Laird Cherry

"Casual shirt" van Jenja

"Casual shirt" van Jenja

"Canvas pumps" van Zoom

"Canvas pumps" van Zoom

3) Speel met patrone

Baie mense is bang vir patrone, maar as dit reg gedra word, kan dit jou beste vriend wees. Patrone is baie vergewensgesind jeens jou figuur. Dis 'n maklike manier om 'n speelse element in jou klerekas te hê wat steeds ouderdomsgepas is.

FOTO: Instagram FOTO: Instagram

"Halterneck ikat-print dress" van Jenja "Halterneck ikat-print dress" van Jenja

4) Die oop jas

Wees slim en dra 'n jas oor stywe klere, maar moenie die jas toeknoop nie. Die lengte van die jas laat jou langer lyk en dit steek die dele weg waaroor die meeste vroue gewoonlik skaam is.

FOTO: Instagram FOTO: Instagram

Die blommotief is een van daardie klassieke patrone wat nooit uit die mode gaan nie en altyd stylvol lyk. By die New Yorkse Modeweek het dié motief ook oral verskyn.

Kry die mooiste jasse in die SARIE-winkel hier

"Louise watercolour dress" van Studibaker "Louise watercolour dress" van Studibaker

5) Dra hoëhakskoene

Hakskoene is nie die vyand nie, al pynig hulle jou soms. Koop goeie skoene en onthou: as hulle jou al in die winkel druk, gaan hulle jou seermaak as jy hulle vir 'n tydjie aan het. As jy breë voete het, sê dit aan die verkoopspersoon. Sommige handelsmerke maak skoene vir mense met breë voete.

Hakke sorg vir lengte wat jou maerder laat lyk. Hakke word ook al lank nie net meer by rokke of rompe gedra nie. Dra dit saam met 'n opgerolde denimbroek en 'n oorgroothemp vir 'n baie modieuse voorkoms gedurende die dag.

Kry die mooiste hakke in die SARIE-winkel