Dis daardie tyd van die jaar wat enige mode-bewuste opgewonde maak! Dis tyd vir al die modeweke - van Londen, New York, Milan tot Parys.

Dít is die top-trends wat op die New York-loopplanke vir die Lente/Somer 2014-seisoen gepronk het.

"Crafty"-klere

Ontwerpers het hul spelerige kant gewys met versierings op hul klere. Alles van strikke, plastiek, linte, krale en blinkers is op die uitrustings vasgewerk om van iets eenvoudigs 'n kunswerk te maak.

Carrolina Herrera FOTO: Carolina Herrera (Instagram)

Gestruktureerde sportdrag

Lospassend, argitektureel, kleurvol en gemaklik. Dít is die nuwe sport-geïnspireerde kleredrag.

Tommy Hilfiger FOTO: Tommy Hilfiger (verskaf)

Kyk hier na al die trends by die Londense modeweek!

Embleme

Handelsname op klere is terug! DKNY se kenmerkende letters was oral op hul materiale te sien, terwyl Alexander Wang sy naam in kleiner skrif gebruik het as 'n interessante motief op sy ontwerpe.

DKNY FOTO: DKNY (Instagram)

Oorkruis bo-stukke

Dié trend is baie vleiend. Kyk uit vir baadjies en hemde met interessante bo-stukke wat oor mekaar vou.

Kyk na Suid-Afrika se David Tlale-modevertoning by New York Modeweek!

Deursigtige materiale

Hierdie materiale is nie heeltemal deursigtig nie, maar ook nie werklik 'soliede' materiaal nie. Hierdie trend is sag en romanties met 'n moderne kinkel.

The Row FOTO: The Row (Instagram)

Tennis

Dink aan V-neklyne, rompe, rokkies, en bypassende broekpakke in helder kleure. Hierdie trend doen weg met die sportiewe neiging van die tennis-neiging, en fokus ook op hoe die skare aantrek.

WAT IS JÓÚ GUNSTELING TREND?