KALM WATERS

Asimmetriese detail, soos die syblomme aan die rok se hals, is steeds nuus vir winter 2010.

Spoelklip-grys rok van sy en maasstof (R15 000), KLûK CGDT. Sjokoladebruin oopknooptrui van wol (R899), Polo.

Rok: slegs grootte 32
Trui: XS - XXL

Mode-sessie: April 2010

VRYE VALLE
Plooi- en val-detail saam kan mos net interessant lyk. Dra dit by 'n volromp vir 'n super-vroulike voorkoms.
Ligpienk sytop met plooi- en val-detail (R399), Forever New. Haarband met vere (R395), A-list.
Top: groottes 6 – 16
BOSNIMF
Voel romanties in ’n geplooide bloes by ’n tulle-romp. Die bloes lyk ook sjiek by jeans.
Beige chiffonplooiebloes (R395), Leigh Schubert. Steenkleurige moulose top (R245), Good @ Mungo & Jemima. Roomkleurige tulle-romp (R250), Mint Studios. Bruin leerstewels (R1 299), Luella. Roomkleurige haarband met syblomme (prys op aanvraag), KLûK CGDT.
Bloes: groottes 32 – 38
Top: slegs grootte M
Romp: op aanvraag
MISTERIEUS
Chiffon-rokke en -bloese is ideaal om in allerlei style oor mekaar te dra.
Roomkleurige moulose rok met val-detail (R795), A-list. Bruin viskose-top (R699), Nicci Boutique. Beige riffel-kouse, stilis se eie. Voëltjie-houtring (R85), Nap.
Rok: groottes 34 – 36
Top: XS – XXL
SAG GEDRAPEER
Drapering gee ’n droomverlore gevoel aan dikwels strak winteruitrustings.
Steenkleurige viskoseromp met drapering en satynband (R345), Colleen Eitzen @ The Space. Mauve bloes (R360), G.Couture. Pienk oopknooptrui van katoen (R799), Polo. Beige kniekouse met silwer draad (R49), Cameo. Steenkleurige leerskoene (R1 499), Diesel. Vintagehoed met net (R220), Glitterati.
Romp: groottes 32 – 38
Bloes: 32 – 42
Trui: XS – XL
BOOM EN BAS
Fyn opnaaisels gee tekstuur aan ’n eenvoudige kaftan. Dra dit bo-oor ’n polonektop op koeler dae.
Sjokoladebruin kaftan van katoenmengelstof (R269,95), Rage. Grys polonektop van viskose (R269,95), Rage. Ligbruin kortmoutrui met kunspelsafwerking (R139,99), Mr Price.
Kaftan: groottes S – XL
Polonek: S – XL
Trui: S – XXL
VEERLIG
Vere en veer-patrone is hoogmode. Dra dit as ’n haarband of waag met ’n veerpatroon-kledingstuk.
Chiffon-kaftan met veerpatroon (R1 050), Malick. Steenkleurige polonektop van wolmengelstof (R499), Trenery @ Woolworths. Roomkleurige spanbroek (R739), Diesel. Bruin enkelstewels van sweedsleer (R1 299), Nine West.
Kaftan: slegs grootte 34
Polonek: XS – XXL
Spanbroek: S – L
PLAT OP DIE AARDE
'n Moderne aanslag: Dra ’n plooiebloes by ’n tregterbroek (peg trousers) en enkelstewels.
Roomkleurige sychiffon-bloes (R2 200), Rosenwerth. Steenkleurige tregterbroek van linnemengelstof (R524), Two @ The Space. Ligpienk kamisool van katoenmengelstof met val-detail (bo-oor bloes, R249), Forever New. Taankleurige leerstewels met uitsny-detail (R899), Aldo.
Bloes: groottes 32 – 38
Broek: XS – L
Kamisool: 6 – 16