"Valentino het gesê 'n vrou moet altyd 'n rooi aandrok hê - en wie stry met die meester van couture? Dis die kleur van liefde, passie, woede, en laat jou lewendig en energiek voel. Álmal lyk ongelooflik in rooi - rooikop, blondine of brunet." - Cheryl Arthur, ontwerp- en bemarkingsdirekteur van Hip Hop.

Rooi aandrok van ru-sy (R9000), Hip Hop. Swart palmhandsak van satyn (R650) en oorbelle met swart stene (R170), Lulu Belle. Haarband met klein hoedjie-detail (R389), Accessorize.

Rok: groottes 32 tot 42
(Spesiale dank aan Banksia-boetiekhotel vir die gebruik van hul perseel. tel. 021 689 2992)