My twee sussies, van wie ek die jongste is en my ma, het nog altyd gesê, eendag moet my matriekafskeidrok peppermint-groen wees, want die kleur sal my gelaatstrekke goed komplimenteer. So het ek altyd met die gedagte rongeloop. My mariekjaar breek toe aan en ek het Feb 2011 my eerste afspraak met José gehad. Almal het saam gekom, die hele gesin, want onthou dis nou kleinsus se matriekafskeid. So wil elkeen ook toe nou idees gee en saam praat, maar tussen my en hom het ek vir hom die kleur verduidelik en het hy dadelik ingestem dat dit goed by my sal pas. Saam met my idees het hy ook besluit op die styl van my rok. Omdat ek ook baie lank is het ons besluit op "pums" as my skoene en het ons dit oorgetrek met dieselfde lap as my rok. Dit het my ook baie meer gemaklik laat voel. Die aand van die matriekafskeid het ek ongelooflik elegant gevoel in my rok, gemaklik, maar ook stylvol.

Sien alle inskrywings