Behati Prinsloo (20) is in Kaapstad ontdek deur dieselfde talentsoeker wat Kate Moss uitgesnuffel het.

Sy woon nou in New York, het al in advertensieveldtogte vir ondermeer Nine West verskyn en is ook 'n model vir Victoria's Secret Pink se veldtog. Sy was selfs al op die voorblad van die Russiese Vogue!