Koninklikheid was beslis my inspirasie vir my matriekafskeidrok. Met die twee koninklike troues hierdie jaar en die twee prinsesse se onberispelike styl was my matriekafskeid die perfekte glansgeleentheid om soos ‘n prinses te lyk en voel. Ek het ‘n unieke kleur gekies vir my rok en blommotiewe gebruik vir detail en dit is met fyn stene en kraletjies afgerond. Elkeen is ‘n prins of prinses geskape en ek het van die geleentheid gebruik gemaak om dit te vier. My matriekafskeid is ‘n tydlose herinnering wat ek vir altyd sal koester.

Sien alle inskrywings