Ek het nog altyd gedroom van my eie feëverhaal-aand waar ek die ewebeeld van ‘n mesmirerende sprokieskarakter kon wees terwyl ek met my pragrok oor die dansbaan gly en mense betower met ‘n glimlag van pure geluk… Danksy Wilma du Plesis het my kinderdroom op my matriekafskeid waar geword! My inspirasie vir die rok was ‘oogvangende elegansie’, dit moes skree Veronique! Met ‘n prentjie in my kop en my tannie se kreatiewe hand, het ons ‘n wonderrok opgedroom, maar die voltooide rok het my asem weg geslaan. Dit was iets uniek en dit was presies wat ek wou gehad het! My rok het bestaan uit egte sy, ‘n verskeidenheid vonkel net, swarofski kristalle, vere en skoenlapperagtige afrondings. Ek sou nooit kon dink dat ‘n rok ‘n mens se persoonlikheid presies kon werspieël nie, maar hierdie rok was ‘n presiese duplikasie van my innerlike drome en karakter. Daar sal vir my nooit weer só ‘n lewendige rok wees nie!

Sien alle inskrywings