Ana, 'n Brasiliaanse supermodel, het al op voorblaaie van Vogue, Glamour en Marie Claire gepryk, maar sy is veral bekend as Victoria's Secret- en Guess-model. Haar eksotiese gelaatstrekke pas perfek by die bruisende kleure van Accessorize se nuwe bykomstighede-reeks. Steenversierings op handsakke en strand-kaftans is groot nuus, terwyl die juwele etnies en eksoties is. Die Mahiki-reeks is meer klassiek in 'n palet van swart, wit en goud.

MEER OOR Ana Beatriz Barros

Sy is destyds deur die bestuurder van Elite Model Management ontdek terwyl hy in Brasilië vakansie gehou het.

In 1998 het sy die Brasiliaanse Elite Look of the Year-wedstryd gewen. Sy was naaswenner by die wêreldwye wedstryd. As sy nie 'n model geword het nie, sou sy graag 'n veearts wou wees. Haar beste vriendin is die Brasiliaanse model Alessandra Ambrosio.

Sy het 'n tattoeëermerk in die middel van haar laerug, en nog een op haar enkel.

sarie.com nooi jou agter die skerms toe die pragtige foto's vir die nuwe advertensie-veldtog geneem is . . .