Victoria Beckham
“Ek dink sy het nou waarlik haar styl gevind. Dit is 'n eenvoudige formule en dit wérk vir haar.” – Lucinda Chambers, Vogue Moderedakteur.

Angelina Jolie
“ Angelina het so 'n ou Hollywood-glans aan haar, sy kies graag langer lengtes met eenvoudige lyne om ’n elegante effek te skep. Sy wys ook graag haar mooi bene, en dit laat haar baie sexy lyk. Hierdie jaar het sy meer kleur gedra.” - Miranda Almond, Vogue Moderedakteur.

Emma Watson
“Haar nuwe kort hare gee haar sommer ’n nuwe vars voorkoms. Sy lyk volwasse en gereed vir die rooi tapyt!” – Kate Phelan, Vogue Moderedakteur.

Kate Moss
“Kate is mal oor klere en dit maak haar so stylvol. Sy weet hoe om verskillende elemente saam te laat werk.” – Lucinda Chambers, Vogue Moderedakteur.

Kate Winslet
“Ek dink Kate het regtig al die kuns van rooitapyt-styl bemeester. Sy hou by helder kleure en verslankende ontwerpe.” – Kate Phelan, Vogue Moderedakteur.

Keira Knightley
“Sonder moeite en o, so Engels. Sy het ’n droom-gesig en lyf, en glo dit of nie, sy kyk nooit in die spieël nie!” – Lucinda Chambers, Vogue Moderedakteur.

Lady Gaga
“Madonna en Grace Jones het amper so aangetrek vir hul vertonings, maar Lady Gaga trek sommer altyd so aan... Mense sien daarna uit om te sien wat gaan sy volgende aanhê.” – Sarah Harris, Vogue Modeskrywer.

Michelle Obama
“Wat ek van Michelle Obama se styl hou, is dat sy nie bang is om te eksperimenteer nie, nes sy doen in die politiek. – Lucinda Chambers, Vogue Modedirekteur.

Michelle Williams
“Sy lyk beeldskoon en terselfdertyd cool, nie iets wat enigiemand kan regkry nie. Die ontwerp van haar rokke pas by haar lyf en die kleur by haar vel. En sy steur haar nie aan die nuutste modegiere nie...” – Miranda Almond, Vogue Moderedakteur.