Sozzani het tot in Februarie vanjaar 'n webtuiste Vogue Curvy begin wat stylwenke vir vroue met voller figure gee en ook ikone soos Oprah Winfrey en Kim Kardashian vier. Sy het ook 'n veldtog begin om webtuistes wat anoreksia aanmoedig toe te maak.

Op dié bekende tydskrif se Junie-voorblad staan "Belle Vere" in rooi letters wat beteken ware skoonheid.

Die modelle is Tara Lynn, Candice Huffine en Robyn Lawley.

"Mode word so dikwels blameer as een van die oorsake van anoreksia en ons wil juis wys dat die modewêreld voor staan in die stryd daartéén," se Franca.

Vir vollerfiguur-stylwenke, klik hier. Kyk 'n video van een van die Vogue Curvy-ikone

Vertel ons ook wat jy hiervan dink in die kommentaarboksie hieronder