Kim Kardashian West is 'n groot aanhanger van haar man, Kanye West se klerereeks, Yeezy. Nou gaan sy egter ook die gesig van sy nuutste reeks wees - Yeezy seisoen 6!

Volgens gerugte gaan daar nie 'n modeplankvertoning wees nie, maar dat Kim uitsluitlik die klere op straat en deur haar sosiale platforms sal vertoon.

Dit is 'n slim besigheidsbesluit, omdat Kim meer as 105 miljoen aanhangers op Instagram het waar sy al haar uitrustings deel. Om nie eers te praat van die gratis publisiteit wat steelfotograwe bied nie. 

Die bemarkingsstrategie is 'n trend wat ons meer onder ontwerpers en bekendes sal sien. 

Wat dink jy van die reeks?

FOTO: Twitter / @KimKardashian
FOTO: Twitter / @KimKardashian
FOTO: Twitter / @KimKardashian
FOTO: Twitter / @KimKardashian
FOTO: Twitter / @KimKardashian
FOTO: Twitter / @KimKardashian
FOTO: Twitter / @KimKardashian
FOTO: Twitter / @KimKardashian
FOTO: Twitter / @KimKardashian
FOTO: Twitter / @KimKardashian
FOTO: Twitter / @KimKardashian
FOTO: Twitter / @KimKardashian
FOTO: Twitter / @KimKardashian
FOTO: Twitter / @KimKardashian