Die somer is om die draai, swembaddens en strande wink, en ons begin kyk na nuwe en opwindende swembroek-trends. Ons ken al die geliefde bikini, die eenstuk en die monokini.

A post shared by A Bikini A Day (@abikiniaday) on

Maar die nuutste uit Asië het die SARIE-modespan twee keer laat kyk. Dié vreemde konsep staan bekend as die “facekini”.

Die “facekini” soos Vogue.com berig. FOTO: www.vogue.com Waarom die “facekini”?

Volgens ’n artikel op Vogue.com word die “facekini” al die afgelope 10 jaar in China gedra om die vel teen die son te beskerm en die gewildheid daarvan groei steeds. Die Chinese is nie noodwendig soseer besorg oor velkanker nie, maar wel ’n vlekkelose vel sonder sonvlekke en sproete. Die “facekini” lyk dalk asof dit eerder in ’n rillerfliek moet wees as in ’n swembad, maar dis miskien tog ’n praktiese en doeltreffende manier om velkanker te voorkom. Die vraag is: Sal jy dít dra?

A post shared by Rachel Lee (@ngai_mui) on

Bron: www.vogue.com

Lees ook

Hoekom is Christian Louboutin-sole rooi?

’n Sonbril vir elke gesigvorm

Nuwe jeanstrend – ’n denimjuweel