Tydens British Airways-lugredery se modevertoning gister in Johannesburg is 90 jaar se BA-uniforms vertoon. Plaaslike bekendes wat dié geleentheid bygewoon het, is rugbysterre Marco Wentzel, Schalk Burger, Joel Stransky en Gcobani Bobo.

Georgia Jagger (20) het ekstra glans aan dié geleentheid gegee. Dié modeldogter van musieklegende Mick Jagger en supermodel-ma Jerry Hall is onlangs gekies deur die koningin van Pop, Madonna, as die gesig van Material Girl, die klerereeks wat Madonna en haar dogter, die vyftienjarige Lourdes, saam ontwerp. Tydens die Britse mode-toekennings in 2009 is sy ook as Model van die Jaar aangewys.

Met haar vertrek, het sy hierdie getwiet: "Sad to leave but happy to be home. I love Africa so much x"

Georgia Jagger as die gesig van Material Girl