Ek het nie sommer gedink dat die 90's ons gou weer sal inspireer nie, maar dit het wraggies. Twintig jaar later sê ons weer "hallo" aan ’n slooprok bo-oor ’n T-hemp. Ons kry weer mode-inspirasie uit die flieks soos Clueless, Mad Love en The Craft.

GOUE WENK: As jy nie soos ’n skooldogtertjie wil lyk nie, dra dié uitrusting met ’n hakskoen.

Bekendes soos Kendall Jenner gee dit ’n sexy voorkoms met hoëbeen-stewels.

Kendall Jenner & Gigi Hadid. Foto: @kendalljenner_instagram Kendall Jenner & Gigi Hadid. FOTO @kendalljenner_instagram

  Straatstyl-inspirasie Speel rond met bykomstighede om die slooprok en T-hemp by jou persoonlikheid te laat pas.

  #details   A photo posted by @_dressupdaily on

So het die slooprok bo-oor ’n T-hemp gelyk in SARIE se 1 Maart 1995-uitgawe.

KMBT_C364-20160823141844

Hoe voel jy oor die terugkeer van van dié kombinasie?