Wellness Warehouse het so pas hul jongste winkel, Wellness Green Living, oopgemaak in Kloofstraat, Kaapstad, en hier is die fokus nie nét op gesondheid nie, maar ook op die natuur en die manier waarop ons elke dag daarin leef en dit kan beskerm.
Die voorkant van die winkel

Dié leefstylwinkel verkoop 'n wye verskeidenheid omgewingsvriendelike produkte van huishoudelike items en produkte vir kinders, tot "groen" geskenke, gereedskap wat energie spaar, en selfs dekor. Mede-stigter Sean Gomes sê hulle streef daarna om mense te inspireer om gesonder besluite te maak nie net vir hulself nie, maar ook vir die natuur.

Besoek www.wellnesswarehouse.com vir meer inligting, lees die blog by www.wellnesswarehouse.com/blog of volg hulle op twitter en facebook vir wenke van gesondheidskenners.