Die bekende New Yorkse modeontwerper Jason Wu het ’n nuwe reeks juweliersware vir Atelier Swarovski geskep. Die reeks, Prisma, bou voort op die inspirasie agter sy elegante Mosaic-versameling, en vier wéér die suiwer vakmanskap waarvoor Swarovski-kristalle so bekend is.
Die Prisma-halssnoer en die Prisma-armband met sy vroulike, sagte lyne is die perfekte geskenk vir die moderne vrou. Die minimalistiese ontwerp in kombinasie met die tydlose stene en goue afwerking maak dat die veelsydige stukke by enige bui, geleentheid of uitrusting sal pas.
Koop die Swarovski Prisma-reeks by ’n Swarovski-winkel naby jou, of aanlyn op die webtuiste.
Een gelukkige leser gaan maandeliks Swarovski-juwele op SARIE.com wen. Skryf hier in en werk dalk die Swarovski-halssnoer in die bostaande foto
Hierdie kompetisie het Donderdag 2018-12-27 om 9:18 vm. gesluit.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET