Het jy ook dikwels hierdie penarie? Jou jeans is in die kol, maar jy's nou keelvol vir al jou toppies. Daar's gelukkig ’n oplossing. Dra ’n rok bo-oor jou jeans. Jy lees reg!

Hierdie kombinasie kan vir minstens vyf uitrustings sorg:

1. Slooprok

Om jou jeans met ’n wit t-hemp te dra is ’n klassieke kombinasie. Dra dit saam met ’n slooprok en jy't ’n wenner!

2. Oorvou-maksirok

Dís ’n stylvolle kombinasie wat perfek vir die naweek is.

Happy weekend everyone #itstheweekend A post shared by Fatima Mackovic Makhlouf (@fatimamac) on

3. Rok met ’n spleet

Hoe rooier hoe mooier! Hierdie kombinasie sal jou jeans ook meer wys.

Lady in red #falltrends #red #redlips #dressoverjeans #brilliant A post shared by Tara Luizzi (@tarastylesdc) on

4. Gestreepte rok

’n Gestreepte rok met blou skakerings kan sorg vir ’n 10/10-voorkoms.

5. Rok + polonek= perfek!

Hierdie kombinasie is geskik vir herfs. Dra ’n polonek saam met jou rok en jeans.

Lees nou

John en Chrissy se Marokkaanse vakansie

Ashley Graham: 3 rokke perfek vir kurwes

5 wenke om kop te hou as geldsake knyp